Klimaatsverandering moet nou aangespreek word

Terwyl alle oë op die Oekraïne is, word pogings om aardverwarming te keer, nie dopgehou nie. Die interregeringspaneel oor klimaatsverandering se jongste verslag dui daarop aan dat die impak van aardverwarming bloot onomkeerbaar kan raak tensy daadwerklike aksie onmiddellik geneem word. Meer as 40% van die wêreld se bevolking is hoogs kwesbaar vir klimaat maar het die probleem veroorsaak nie. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle is verbind tot bystand, veral vir klein-eilandstate, bekend as SIDS.