Daar gaan die prys van brood ook…

‘n Suid-Afrikaanse kosvervaardiger, RCL Foods, sê hy verwag ‘n reusestyging in die koringprys weens Rusland se inval in Oekraïne, wat die prys van brood sal laat styg. Rusland verskaf sowat 10 persent van die wêreld se koring en Oekraïne 4 persent. Die uitvoerende hoof van RCL Foods, Paul Cruickshank, sê hulle is besonder blootgestel weens die maatskappy se afhanklikheid van mielies, soja, sonneblomolie, grondboontjies en koring, met inflasie wat hierop besonder hoog is:

Kosmos 94.1 Nuus sal opvolg op die plaaslike stand van sake.