Jagkwotas moet volgens bevolkingsyfers wees

‘n Beroepsjagter in Namibië stem saam met sy eweknieë in Suid-Afrika dat die kwotas vir trofeejag van olifante in die buurland hoër moes gewees het. Die minister van die omgewing, Barbara Creecy, het die kwotas vir luiperds en renosters op tien elk vasgestel terwyl 150 olifante geskiet mag word. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse vereniging vir beroepsjagters, Dries van Coller, het ‘n beroep gedoen vir hoër kwotas. Jofie Lamprecht, stigter van Jagkonsessievereniging van Namibië, sê jagkwotas moet volgens wildbevolkings toegeken word.