Klimaat: mense moet in ag geneem word

Die Wêreldbank se klimaatkenner, Marc Sadler, sê dit is noodsaaklik om die impak op mense se lewens en hulle werk in ag te neem wanneer daar na ‘n laer-koolstof-ekonomie beweeg word. ‘n Laer-koolstof-ekonomie is ‘n stelsel wat daarna mik om sy kweekhuisgasse so laag as moontlik te hou terwyl dit steeds as ‘n tipiese ekonomiese program funksioneer. Die oorskakeling na ‘n lae-koolstof-ekonomie het begin met die ondertekening van die Kyoto-protokol en is met die Paryse ooreenkoms van 2015 voortgesit. Sadler sê klimaatsverandering en ekonomieë gaan oor mense: