Navo plaas sy visier op China

Navo se sekretaris-generaal het die alliansie se 30 lidlande versoek om te reageer op die volgehoue groei van China. Jens Stoltenberg beskryf die Navo-beraad in Brussel as ‘n deurslaggewende oomblik vir die organisasie. In ‘n verklaring word China se gedrag as ‘n sistemiese uitdaging bestempel. Media berig die beraad beskryf China se selfverklaarde ambisies en selfgeldende gedrag as ‘n stelselmatige uitdaging vir reëlgebaseerde internasionale orde en vir gebiede wat belangrik is vir die veiligheid van die alliansie.