Klimaat: Australië kom uiteindelik tafel toe

Die nuwe Australiese regering het hom verbind tot ‘n meer ambisieuse teiken van 43-persent vir die vermindering van kweekhuisgasvrystellings teen die einde van 2030. Die eerste minister, Anthony Albanese, sê hy het aan die uitvoerende sekretaris van die Verenigde Nasies se Raamwerk-konvensie oor Klimaatsverandering geskryf om haar in te lig oor Australië se nuwe teiken, hangende die Parlement se goedkeuring. Die 2030-verbintenis kom op ‘n tyd wat Australiërs skerp stygings in elektrisiteits- en gaskoste in die gesig staar, deels weens die Russies-Oekraïnse oorlog.