WGO-Afrika verskerp Covid-inentings

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê dié vasteland verskerp Covid-19-inenting onder hoërisiko-bevolkingsgroepe. Slegs twee Afrika-lande, Mauritius en die Seychelle, het 70 persent van hul totale bevolking heeltemal ingeënt. Rwanda sal na verwagting dié teiken teen die einde van die maand bereik. Matshidiso Moeti van die WGO sê hoewel die beskerming van jong mense met ‘n hoë risiko vir Covid-19 voorkeur geniet, sal ‘n fokus op die inenting van ouer mense, gesondheidswerkers, en ander kwesbare bevolkingsgroepe verseker dat Afrika die virus die hoof bied.