Kleuters wat kos aanmekaar weier kan Covid hê

Navorsers het bevind dat die afkeer van vaste kossoorte deur babas en kleuters ‘n moontlike aanduiding kan wees van ‘n Covid-infeksie. ‘n Wetenskaplike artikel wat in die Pediatrics vaktydskrif gepubliseer is toon dat die invloed van Covid op reuk- en smaaksintuie die hoofoorsaak hiervan is. Kinders jonger as 18 maande het veral of opgegooi of kos uitgespoeg as hulle Covid onder lede het en het ook skerp gereageer op ander reuke. Die navorsers het bevind dat tot agt maande na die Covid-diagnose, het talle kleuters steeds nie normaal gereageer op reuke nie. Die bevindings kan ‘n vroeë waarskuwing vir ouers wees om hulle kleuters vir Covid te laat toets.