Swakker VSA-dollar kniehalter Nam-uitvoere

Die Namibiese ekonomie maak tot ‘n groot mate staat op kommoditeitspryse met uraan, diamante en goud wat die voortou neem. Volgens die Bank van Namibië het kommoditeite die jaar herstel maar, ‘n sterker Suid-Afrikaanse rand het beter verdienste gekelder. Die rand en Namibiese dollar het met 12,7 persent versterk in die eerste tien maande van die jaar wat uitvoere negatief beïnvloed het. Uraan herstel stadig en handel rondom 43 Amerikaanse dollar per pond wat nie genoeg is vir myne wat tans produksie gestaak het maar, daar is goeie vooruitsigte met China wat 150 kernreaktors wil bou. Diamante het ook baie beter tydens 2021 vertoon met ‘n prysstyging van amper 24 persent wat aangeteken is. En goud? As veilige belegging het goud oor die afgelope twee jaar baie goeie pryse behaal.