Suga, Jin en RM van BTS, positief vir Covid

Suga, RM en Jin van die Suid-Koreaanse pop-groep BTS, het positief vir Covid getoets na hulle toer na die VSA. Suga het volgens berigte reeds Vrydag positief getoets terwyl RM en Jin Saterdag getoets is. Die sewe-man groep het almal reeds hulle inentings teen Covid ontvang met die laaste spuit wat in Augustus vanjaar toegedien is. Internasionale nuusagentskappe berig dat Suga positief getoets het tydens sy self-isolasie na hulle terugkeer vanaf die VSA. Dit gaan blykbaar met al drie baie goed. BTS het in 2013 na vore getree met verskeie treffers en is steeds uiters gewild.