Klein sake-ondernemings wag steeds op uitbetalings van herbouingsfonds

Die Demokratiese Alliansie sê hy is baie teleurgesteld dat die Gautengse Ontwikkelingsdryfkrag nog net twee miljoen rand toegeken het van die 100 miljoen rand wat vir die herbouingsfonds beskikbaar gestel is. Dis bestem om klein sakeondernemings te help wat geraak is deur die onrus in Julie en die Covid-inperking. Makashule Gana van die DA sê klein sakeondernemings maak staat op hierdie bystand wat die regering aangebied het, aangesien hul winkels verwoes is.