Taxi- en bustariewe styg

Openbare vervoertariewe vir passasiers van busse en taxi’s het vandag met 9,2% verhoog. Taxi’s in Windhoek vra nou 13 Namibiese dollar per enkelrit en dubbeld soveel vanaf ‘n taxi-staanplek tot by ‘n woonbuurt. Volgens die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, se nasionale sekretaris-generaal Pendapala Nakathing sal die nuwe bustariewe binnekort bekend gemaak word.