Cheetahs gaan in 2023 in Europa speel

Rugby: Die Cheetahs het die nuus verwelkom dat hulle volgende jaar terugkeer na Europese wedstryde. Die Stormers, die Bulle en die Haaie sal volgende jaar aan die Kampioenebeker deelneem nadat hulle in die top-agt van die Verenigde Rugbykampioenskap geëindig het, terwyl die Cheetahs en die Leeus in die Uitdaagbeker sal meeding. Die Cheetahs se afrigter, Hawies Fourie, sê sy span is gereed vir die uitdaging.