Parlement in Kaapstad se dak is weer aan die brand

Die Stad Kaapstad se brand en reddingsdienste, se woordvoerder, Jermaine Carelse, het bevestig dat die brand in die dak van die Nasionale Vergadering weer opgevlam het. Carelse sê die ruimte onder die dakplate van die Nasionale Vergdering is aan die brand. Meer as 30 brandbestryders is ontplooi om die brand onder beheer te probeer kry. Intussen sê die premier van die Wes-Kaap Alan Winde die verwoestende brandskade aan die parlementsgebou is uiters ontstellend. Hy het owerhede versoek om geen steen onaangeroer te laat om die oorsaak van die brand te bepaal nie, met die bevindinge van ‘n volledige ondersoek wat bekend gemaak word sodat hierdie verskriklike voorval in die toekoms voorkom word. Hy het gesê dat die voorsittende beamptes van die parlement moet weet dat die Wes-Kaapse regering gereed is om waar moontlik te help om te verseker dat die staatsrede in Kaapstad voortgaan soos beplan.