Kinders se geletterdheid, of tekort daaraan, skok

In Namibië is geletterdheid nie veel beter as in Suid-Afrika nie. ‘n Studie in die buurland het bevind ongeveer 60 persent van kinders het teen die einde van graad 1, en 30 persent teen graad 3, nie die meeste letters van die alfabet geleer nie. ‘n Verstommende 82-persent van graad 4 leerders kan nie lees vir vertolking nie. Die bekende maatskaplike aktivis Rosa Namises sê dit handel oor ‘n kultuur van lees.