Wildbewaarder van Daan Viljoen, en 3 ander, vas vir stropery

‘n Werknemer van die omgewingsministerie wat werksaam is by Daan Viljoen-natuurreservaat, sy neef, ‘n bekende stroper, en ‘n werknemer by een van die land se kommersiële banke sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op klagte dat hulle ‘n wildebeest, ‘n beskermde spesie in Namibië by Daan Viljoen gestroop het. Die dier is in hulle motor se kattebak by die padblokkade gevind. Owerhede het ook ‘n .22 vuurwapen gevind en dit is gekonfiskeer. Die landbouminister Calle Schlettwein het onlangs sy misnoeë uitgespreek oor die feit dat staatsamptenare betrokke is nie net by vandalisme en diefstal van waterinfrastruktuur nie, maar ook veediefstal en stropery.