Kindermoordsaak in Ethiopië lei tot moordklag

Die Aanklaer-Generaal het owerhede opdrag gegee om ‘n moord dossier oop te maak teen Kristofina Amutenya, die vrou van die attaché vir handel in die Namibiese ambassade in Ethiopië. Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi, die Woordvoerder van die polisie, het die nuus bevestig maar sê Amutenya is nog nie in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur steeds voort. Amutenya is op 13 Desember verlede jaar in Addis Abeba in hegtenis geneem op klagte dat sy twee van haar drie kinders, 9 en 3 jaar oud, vermoor het, sowel as poging tot moord op die derde kind. Sy is op 3 April uitgelewer aan Namibië en haar regsverteenwoordiger het haar suksesvol laat vrylaat omdat dit staat se dokumentasie en prosesse nie gevolg is nie. Namibiese owerhede het beslis om haar plaaslik aan te kla vir moord omdat Ethiopië die doodstraf het vir moord.