Houtskool: daar is maatreëls vir veldbrande

Die Namibiese Houtskool Vereniging het ‘n beroep op produsente gedoen om maatreëls in verband met produksie na te kom. Voorlopige aanduidings is dat verskeie veldbrande verlede jaar toegeskryf is aan houtskool produksie en brande is reeds by Hochveld, Kalkveld, Outjo en Wilhemstal aangemeld. Klagtes is by die vereniging se kantoor in Otjiwarongo aangemeld. Verlede jaar het die Direktoraat van Bosbou nuwe maatreëls daargestel om veldbrande te voorkom en die vereniging vra produsente om hulleself in te lig oor die regulasies. Produsente wat nie die maatreëls nakom nie kan hulle lisensies verloor. Daar word verwag dat daar die jaar weer rekordbrande sal wees.