Kindermoorde neem af in SA

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, het ‘n afname aangekondig in die aantal kindermoorde tussen Januarie en Maart vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal vir 2022/23 en gesê kindermoorde het met 19,9 persent afgeneem. Cele het ook ‘n effense afname uitgelig in gevalle van aanrandings wat verband hou met geslagsgeweld teen kinders.