Proteas is familie van die makadamia

Wat het makadamias, artisjokke, proteas en dinosourusse in gemeen? Navorsers verbonde aan die Universiteit van Pretoria het vasgestel dat die gemeenskaplike voorouer van die sowat 100 proteaspesies in Suid-Afrika verwant is aan dieselfde familie makadamia-bome in Australië wat kom uit ‘n tydperk toe die dinosourusse uitgesterf het. Die navorsers het die presiese genetiese samestelling van Suid-Afrika se nasionale blom, die koningsprotea ontleed. Volgens fossielrekords uit Antarktika het plante uit die protea-familie daar gegroei, lank voor die koms van die vasteland se ysbedekking 35 miljoen jaar gelede.