Kimberley-polisiestasie aangeval deur Nigeriërs na makker gearresteer is

Die Suid-Afrikaanse polisie- en gevangenisse-vakbond Popcru het ‘n aanval op die Kimberley-polisiestasie deur agt Nigeriese burgers ten sterkste veroordeel. Die aanval het plaasgevind tydens ‘n polisie-operasie waarin ‘n Nigeriese burger geteiken is wat van dwelmbesit verdink word. Dit het skade aan voertuie en stasievensters tot gevolg gehad. Die agt beskuldigdes bly in aanhouding en sal Vrydag weer in die landdroshof in Kimberley verskyn. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, doen ‘n beroep op die publiek om die land se wette te respekteer.