Kenyatta kies opposisie-leier vir presidensiële kandidaat

Die regerende Jubilee-party in Kenia het die veteraan-opposisie-leier Raila Odinga as kandidaat benoem vir die presidensiële verkiesing in Augustus. Volgens nuusagentskappe is die stap ‘n doelbewuste verwerping van die vise-president William Ruto, wat ook sy kandidatuur aangekondig het. Die voormalige politieke gevange Odinga het aan die vorige vier verkiesings as ‘n teen-establishment-kandidaat deelgeneem. Hy het nou met President Uhuru Kenyatta saamgespan wat nie verkiesbaar is nie vanweë die grondwetlike beperking van twee vyfjaar-termyne. Kenyatta het gesê Ruto is onbevoeg om president te wees.