Nam-sakelui stig eie vereniging, sat vir belastingslas

‘n Groep gefrustreerde Namibiese sakelui het byeen gekom en die Namibiese Plaaslike Sake-vereniging gestig. Die pas gestigte vereniging het tydens hul bekendstelling gesê veral klein en medium ondernemings word nie goed verteenwoordig nie. Die stigterslid van die vereniging, Kanu Amadhila, het tydens hul bekendstelling gesê hulle beplan om met die Namibiese inkomste-agentskap, NamRA, te vergader.