Koningin kanselleer diplomatieke dinee

Koningin Elizabeth het na raadpleging met owerhede besluit om ‘n diplomatieke onthaal te uit te stel. Volgens Buckingham-paleis sou die onthaal Woensdag plaasgevind het en meer as 500 lede van die diplomatieke korps in Brittanje sou bymekaar gekom het vir ‘n jaarlikse vergadering in Windsor-kasteel. Daar is tot dusver geen rede vir die uitstel gegee nie, maar daar word gemeen dat die besluit gemaak is aangesien die konflik tussen Rusland en die Oekraïne voortgaan om te ontwikkel. Die koningin het ook onlangs herstel na ‘n Covid-infeksie.