Keir Starmer sal ‘n wonderlike premier maak – Gordon Brown

Dit wil voorkom asof die leierskapstryd in die Konserwatiewe Party in die Verenigde Koninkryk lelik raak met die twee kandidate Lizz Truss en Rishi Sunak wat herhaaldelik reageer op wat die ander een gesê het . Daar is talle wat van mening is dat die tyd van die Tories nou eers end moet kry en die Arbeidersparty moet eerder die leisels oorneem. Die voormalige eerste minister van die Arbeidersparty Gordon Brown, sê Sir Keir Starmer, die party se huidige leier, sal ‘n uitstekende eerste minister maak.