Katutura, Khomasdal, noordelike dele van Whk geraak deur netwerkopgraderings

MTC-kliënte sal steeds stadige diens in die sentrale gebiede van Katutura en in Khomasdal ervaar. Die probleem duur sedert Donderdag omdat die maatskappy besig is om sy netwerk in die gebied te opgradeer. Torings wat beïnvloed word sluit Katutura-hospitaal, Khomasdal, Ceaser, Mungunda, die Noordelike Industriële Gebied en Theo Katjimune in. Lafrenz word ook geraak. MTC sê oproepe sal sny en daar sal uiters stadige internet-verbindings wees.