Ondersoek na vliegtuig se neus tydens storm verbrokkel

‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat die neus van ‘n vliegtuig van Paraguay tydens ‘n hewige storm verbrokkel het en dit noodgedwonge ʼn noodlanding moes uitvoer. Die vliegtuig van LATAM Airlines Paraguay het uiters gure weer teëgekom tydens sy vlug vanaf Santiago de Chile na Asuncion. Die neus van die Airbus A320 het gebreek en die voorruit het begin kraak. Video’s wat op sosiale media gedeel is, toon hoe die vliegtuig hewig skud terwyl weerlig buitekant flits en passasiers gil. Internasionale media berig die vliegtuig kon wonderbaarlik land met baie groot skade aan sy voorruit.