Rekord-winste vir oliemaatskappye

Die oorlog in Oos-Europa het groot winste vir oliemaatskappye besorg. Exxon Mobil het pas sy hoogste winste ooit, op amper 20 miljard Amerikaanse dollar, vir die derde kwartaal aangekondig. Sy netto wins van 19,66 miljard dollar plaas hom in bereik van Apple wat 20,7 miljard dollar se wins in die derde kwartaal aangeteken het. Exxon-aandele het met 3 persent gestyg tot 110,70 dollar, ‘n rekordhoogtepunt wat die maatskappy ‘n markwaarde van 461 miljard Amerikaanse dollar gee. Ander maatskappye het ook goed gevaar met Shell wat 9,5 miljard dollar se wins in die derde kwartaal aangeteken het en TotalEnergies wat 6,6 miljard verdien het, ‘n verbetering van 43 persent. Amerikaanse President Joe Biden het uitgevaar teen Exxon se uitvoerende hoof Simon Casey wat sê die winste sal teruggeploeg word omdat aandeelhouers uitbetaal sal word. Biden het gevra dat oliemaatskappye hulle winste benut om ontginning uit te brei en so die prys van ru-olie te verlaag. Hy sê miljoene aan aandeelhouers beteken niks vir Amerikaanse families nie.