Katar soek noue samewerking met NWR

President Hage Geingob is in Doha vir die Katar Ekonomiese Forum wat tot môre duur. Volgens die Presidensie het hy tydens samesprekings met die Emir van Katar, Tamim bin Hamad Al-Thani het toerisme onder die loep gekom. Qatar Airways hervat vlugte na Windhoek op 25 Junie vanjaar en Al-Thani het groot belangstelling in noue samewerking met Namibia Wildlife Resorts getoon om die gasvryheidsektor in Namibië te versterk. Dit is nie duidelik of dit belegging deur Katar in die NWR beteken nie.