Sri Lanka sluit skole om brandstof te bespaar

Sri Lanka het vandag sy skole gesluit en nie-noodsaaklike regeringsdienste opgeskort. Dit is die begin van ‘n twee-week-lange poging om brandstofreserwes wat vinnig uitgeput word, te bewaar. Die Internasionale Monetêre Fonds het samesprekings met die land gehou oor ‘n moontlike reddingsboei. Die land is vasgevang in ‘n ekonomiese krisis nadat sy buitelandse valuta, om selfs die noodsaaklikste invoere insluitend voedsel, brandstof en medisyne te befonds, opgeraak het. Staatskantore werk met die minimum personeel as deel van regeringsplanne om pendel te verminder en kosbare petrol en diesel te bespaar.