Kaspersky Lab waarsku teen gebruik van openbare Wi-Fi 

Die bekende internet-sekerheids-onderneming, Kaspersky Lab, het gewaarsku die gebruik van openbare Wi-Fi kan mense maklike teikens van kubermisdaad maak. Die misdadigers kan deur die Wi-Fi-punte kredietkaartinligting bekom en finansiële bedrog pleeg. Die kuberkrakers het ook toegang tot foto’s, video’s, dokumente en kontakte. Die onderneming sê slagoffers kan op ‘n nabootsing van ‘n wettige webwerf beland, en mislei word om sagteware af te laai wat ontwerp is om ‘n rekenaarstelsel te ontwrig of ongemagtigde toegang daartoe te verkry.