SA landbouminister verbied verskuiwing van beeste

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het alle verskuiwing van beeste in die land verbied. Die stap volg terwyl bek-en-klouseer aanhoudend toeneem. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê vir ‘n tydperk van 21 dae mag geen beeste ook vanaf een eiendom na ‘n ander verskuif nie, wat ookal die rede. Hierdie beperking sal weekliks hersien word. Ngcobo sê enige versuim om aan die beperking te voldoen is ‘n strafregtelike oortreding.