Kans vir beurtkrag volgende week

Eskom sê hy is steeds op koers om beurtkrag vyf-uur môreoggend op te hef, maar waarsku daar is ‘n moontlikheid van nog onderbrekings volgende week. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die beplande opheffing is gedeeltelik te danke aan ‘n laer vraag wat oor die langnaweek verwag word. Hy sê oor die afgelope 24 uur het ‘n eenheid by elk van die Kusile- en Kendal-kragstasies in Mpumalanga uitgeskop, maar die een in Kusile lewer weer vanoggend krag: