Vloede is niks goed vir landbou nie

Die tydsberekening van die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal kon nie erger gewees het nie. Skade in vloedgeteisterde gebiede sal na verwagting honderde-miljoene Suid-Afrikaanse rand kos om te herstel. Die provinsie is nog besig om te herstel na die onluste in Julie verlede jaar wat verliese van 20 miljard meegebring het. Die na-effekte van vloede soos die klam grond, het gewoonlik ‘n positiewe uitwerking op die landbou wat soms tot rekord-oeste lei. John Purchase, die hoof uitvoerende beampte van die Kamer van Landbou, sê hierdie reën is nie regtig voordelig nie.