Verbod op pluimvee-invoere vanaf die VSA

Alle invoere en transito-permitte vir Amerikaanse pluimvee en pluimveeprodukte is opgehef. Die Namibiese landbouministerie sê die verbod is genoodsaak as gevolg van ‘n uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep. Gekookte pluimveevleisprodukte vir kommersiële doeleindes uit die VSA mag steeds onder die huidige veeartseny-invoerpermitte ingevoer word. Die siekte het ‘n inkubasietydperk van 21 dae en die verbod op invoere is terugwerkend en geld van 15 Januarie vanjaar. Invoerders moet hul ingevoerde besendings op eie koste vernietig. Vraghouers en kartonverpakkings word as besendings geklassifiseer.