Kanime waarsku oor slenters met studente-behuising

Slenters loop weer oop, veral met studente wat dringend akkommodasie in die hoofstad soek. Dit is ‘n probleem wat jaarliks voorkom en mense betaal voor uit sonder dat hulle die woonstel of kamer gesien het, met die sogenaamde huurder wat eenvoudig verdwyn. Die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, het raad.