Britte vorder met nul-vrystelling teikens

Die Verenigde Koninkryk het goeie vordering gemaak met die bereiking van netto-nul koolstofvrystellings teen 2050. Om dit te bereik sal wel beteken dat hoër belasting ingestel word. Dit is volgens die vooraanstaande ekonoom Nicholas Stern. Hy sê dat beide openbare en private investering in nuwe tegnologie nodig is. Die Verenigde Koninkryk word ook aangemoedig om die VSA te volg in die stimulering van groen tegnologie.