Kandjeke sê daar’s uitdagings by NTB

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die Namibiese Toerisme-raad het likiditeitsuitdagings. In sy oudit vir die 2020-2021 boekjaar sê hy die raad sal uitdagings hê om sy verpligtinge na te kom. Hy sê die grootste risiko is die wisselkoers en die raad se beleid daartoe wat hy aangepas het. Terwyl die pandemie ‘n baie groot invloed op die raad se inkomste gehad het, sê Kandjeke die raad kon steeds voldoende inkomste genereer om sy verpligtinge na te kom omdat aktiwiteite minder was. Die raad het ‘n tekort aan 19 miljoen Namibiese dollar in die betrokke boekjaar gerapporteer en daar sal in die toekoms kontantvloei-uitdagings ervaar word.