Batoyi sê georganiseerde misdaad wen in SA

Die direkteur van die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika, Shamila Batohi, sê die land wen nie die stryd teen georganiseerde misdaad nie. Sy en haar ampsgenote by die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid het gister die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge ingelig oor gesamentlike ondersoeke na korrupsie by staatsinstellings en die Departement van Water en Sanitasie. Batohi sê die wiel van geregtigheid draai, maar nog werk moet gedoen word: