Gungubele belemmer SKOOR se werksaamhede

Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, doelbewus die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge se mandaat belemmer. Die minister en die Staatsveiligheidsagentskap sou die komitee gister toespreek, maar het op die nippertjie aan die komitee gesê die agentskap sal die intelligensiekomitee tydens ‘n geheime vergadering inlig. ‘n DA-woordvoerder, Benedicta van Minnen, sê die minister voer aan ‘n bywerking oor die werwing van werknemers by staatsinstellings is uitsluitlik die justisiekomitee se verantwoordelikheid: