Kalkfeld sny water af oor streeksraad-skuld

Gesamentlike skuld van 15 miljoen Namibiese dollar wat inwoners van Kalkfeld aan die Otjozondjupa-streeksraad verskuldig is, het gelei tot waterbesnoeiings vir diegene wat agterstallig is. Dit is bevestig deur streekraad voorsitter Marlene Mbakera, wat sê die skuld strem dienslewering en ontwikkeling in die dorp. Kalkfeld het die meeste skuld in onbetaalde tariewe en belasting in die streek. Mbakera het aan joernaliste gesê pensioenarisse is 7 miljoen dollar agterstallig, ondanks gesubsidieerde dienste en reëlings in plek.