‘Skatryk’ Trump kry nie boetegeld bymekaar nie

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump kon tot dusver nie ‘n verband kry wat hom in staat sou stel om ‘n vonnis van 454 miljoen Amerikaanse dollar in ‘n siviele bedrogsaak in New York te appelleer sonder om self die volle bedrag te betaal nie. Trump moet óf die kontant vind óf ‘n verband kry om te verhoed dat die staat se owerhede beslag lê op sy eiendomme. Hy wil appèl aanteken teen regter Arthur Engoron se besluit van 16 Februarie wat hom en medebeskuldigdes beveel om 454 miljoen dollar aan boetes en rente te betaal vir wanvoorstelling van eiendomswaardes om leners en versekeraars te mislei. Die prokureurs het gevra dat hy eerder toegelaat word om ‘n verband van 100 miljoen dollar te plaas terwyl hy teen die uitspraak appelleer.