Doen iets aan Paasvakansie padsterftes!

Die buurland se onafhanklike sertifiseringsliggaam, JC Auditors, moedig proaktiewe maatreëls aan voor die Paasvakansie om padveiligheid-uitdagings die hoof te bied. Met padsterftes wat byna 40-persent opgeskiet het tydens verlede jaar se Paasnaweek, is verhoogde waaksaamheid noodsaaklik. JC Auditors vra eenvoudige, maar sterk veiligheidsveldtogte in die padvervoersektor, wat bestuurders se ingesteldheid en optrede verander, omdat dit bydra tot meer as 80-persent van die ongelukke. Die besturende direkteur Oliver Naidoo sê die Paasvakansie hou kommerwekkende padveiligheidsuitdagings in.