Kabinet: NamWater en NamPower mag nie water of krag afsny

Volgens die kabinetbesluite is die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi opdrag gegee om beide NamPower en NamWater te beveel om die opskorting van water en elektrisiteit aan wanbetalende plaaslike owerhede te staak en dit nooit af te sny as ‘n manier om inkomste in te samel nie. Die kabinet het kennis geneem van die geïdentifiseerde hoof-oorsake van toenemende skuld van plaaslike owerhede aan NamWater en NamPower. Die kabinet het ook die voorgestelde kort en lang termyn oplossings bekragtig om die strukturele probleme in die voorsiening van elektrisiteit en water regoor die land aan te spreek. Dit behels onder meer die implementering van voorafbetaalde meet-stelsels en die hersiening van plaaslike owerhede se finansiële status.