Franse Ope: Muchova skok toe sy Sabalenka uitskakel om eindstryd te haal

Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, sal môre in die eindstryd van die vroue-afdeling van die Franse Ope teen Karolina Muchova van die Tsjeggiese Republiek te staan kom. Die 22-jarige Swiatek het die 14de gekeurde Brasiliaan, Beatriz Haddad, met 6-2 en 7-6 geklop om vir die derde keer haar plek in die Roland Garros-eindstryd te bespreek. Muchova het ‘n wedstrydpunt gered om in haar eerste Grand Slam-eindstryd te speel deur die tweede gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus met 7-6, 6-7 en 7-5 te verslaan. Muchova sê dis baie spesiaal om die eindstryd in Parys te haal: