Kwota vir rob-oeste goedgekeur

Die Namibiese kabinet het die ministerie van visserye se versoek vir die totale toelaatbare oes van Kaapse pelsrobbe vir die seisoen vanaf 1 Julie tot 15 November vanjaar goedgekeur. Die kabinet het die kwota vir 80 000 welpies en 6 000 bulle vir die 2023-oesseisoen goedgekeur en verder ‘n drie jaar-tydperk vanaf 2023 tot 2025 vir die totale toelaatbare oes bekragtig. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia oor die rob-oeste gesels…