SA universiteitsgelde styg

Terwyl die Universiteit van Namibië se fooie vir 2022, wat registrasie en onderrig aan betref, onaangepas is, het die departement van hoër onderwys in die buurland voorgestel die 2022-universiteitsgelde vir onderrig en verblyf moet verhoog word by Suid-Afrika se 26 universiteite. Volgens die departement behoort daar onderskeidelik ‘n verhoging van 4,3 persent vir onderrig en 6,3 persent vir verblyf te wees. Die uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika, Ahmed Bawa, het gesê die verhoging dek skaars die koste van inflasie.