Kaapse vloede: Twee sterf, 4 000 geraak

Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum het bevestig die vloede het nou reeds twee lewens geëis. Een persoon het verdrink terwyl hy probeer het om ‘n rivier in die Overberg-distriksmunisipaliteit oor te steek, terwyl nóg ‘n persoon in ‘n huis in Vredendal dood is. Die hoof van Rampbestuur, Colin Deiner, sê infrastruktuur, insluitend paaie, huise en strukture op plase, is erg beskadig: