Dodetal in Uganda-skoolskietery steek 40 verby

Die dodetal in die aanval op die Lhubirira Sekondêre Skool in Mpondwe, in die weste van Uganda, het tot meer as 40 gestyg nadat nog liggame ontdek is. Die Ugandese polisie sê ses leerders word steeds vermis nadat hulle ontvoer is. Militantes wat met die Islamitiese Staat-terreurgroep verbind word, word daarvan beskuldig dat hulle die skool Vrydag aangeval het, ‘n koshuis afgebrand en kos geplunder het. Agt slagoffers is steeds in ‘n kritieke toestand. Dit is onduidelik hoeveel kinders daar onder die slagoffers is.