Kaapse skole is geplunder

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is ontsteld oor die voorvalle van vandalisme by verskeie skole in die provinsie. Nagenoeg 38 skole is oor die Julie-skoolvakansie beroof. Rekenaartoerusting, heinings, beligting, elektriese kabels, kos en skryfbehoeftes is van die items wat tydens die voorvalle gesteel is. Die LUR, Debbie Schäfer, doen ‘n beroep op die publiek om enige voorvalle wat met die misdade verband hou, aan te meld: